Sodra ‘n geaffilieerde lid sy Senior Jagterskursus (CHASA Kursus) voltooi het en suksesvol aansoek gedoen het vir Toegewyde Jagterstatus, het hy/sy reeds die voorskrifte nagekom om ook vir Toegewyde Sportskut status aansoek te doen. Dit is uiters belangrik dat ‘n lid sy Toegewyde Jagterstatus, volgens die wetgewing in stand sal hou deur ‘n jaarlikse aktiwiteitsverslag te voltooi en in te dien by sy/haar lidvereniging.

Ten einde Toegewyde Sportskietstatus te bekom moet ‘n lid ‘n aansoekvorm voltooi en by sy lidvereniging indien en die voorskrifte vir Toegewyde Sportskietstatus in stand hou. Voorts moet sodanige lid aan ten minste (2) Sportskiet byeenkomste per jaar deelneem.