PERSVERKLARING CHASA en SA JAGTERS werk weer formeel saam in belang van al die Suid-Afrikaanse Jagters. Op 7 Maart 2005 het daar ‘n ontmoeting tussen twee afvaardigings van CHASA en SA Jagters op die Johannesburgse Internasionale Lughawe plaasgevind wat ‘n nuwe era in die verhouding tussen die twee jagtersverenigings inlei. Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) was ‘n stigterslid van CHASA (Konfederasie van Jagtersverenigings in Suid-Afrika), maar in Januarie 2004 het SAJWV na ‘n meningsverskil wat op ‘n skorsing uitgeloop het, uit CHASA getree. In September 2004 het daar egter weer informele gesprekke tussen CHASA en SA Jagters begin plaasvind. Dit het onder andere ingesluit dat die voorsitter van CHASA, Mnr Ludolph Swanevelder, genooi is om die Algemene Jaarvergadering van die SAJWV gedurende November 2004 toe te spreek, waartydens erkenning verleen is aan die feit dat SAJWV en CHASA die twee strukture is wat die Suid-Afrikaanse jagter op nasionale basis dien. ‘n Belangrike stap in die ontwikkeling van die nuwe verhouding tussen SA Jagters en CHASA was die stigting van die Nasionale Jagtersforum op 29 September 2004. Hierdie Forum het tot stand gekom om die belange van al die jagters in Suid-Afrika te dien en die ander deelgenote in die proses was die Sentrale Vuurwapenregister en die SA Wingshooters. Na vele gesprekke
tussen die leierskorps van beide CHASA en SAJWV het daar op 7 Maart 2005
‘n vergadering tussen ‘n afvaardiging van SAJWV en CHASA op
die Johannesburg Internasionale Lughawe plaasgevind en op die vergadering
is die volgende vier belangebbende besluite geneem in belang van alle
jagters in Suid-Afrika: Beide CHASA en SAJWV deel ‘n gemeenskaplike visie dat daar uiteindelik een gesaghebbende, maar ook verteenwoordigende struktuur, in Suid-Afrika tot stand sal kom wat alle jagters en belanghebbers in die jagbedryf se belange sal dien. Kassie Kasselman : President: SA JAGTERS Ludolph Swanevelder
: Voorsitter: CHASA |