| CHASA groei
Nadat die SA Jaggeweerskietvereniging onlans by CHASA aangesluit het, is CHASA verlede maand verder versterk met die toevoeging van nog twee nuwe lede. Die CHASA Raad het in Februarie die lidskap goedgekeur van die Handwapenjagtersvereniging van Suider Afrika en die Big Bore Association - Southern Africa. Beide is jong en dinamiese verenigings wat oor sterk leierskap beskik en jagters reeds landswyd verteenwoordig. Die verenigings sal elk twee lede nomineer vir die CHASA Raad wat nou uitgebrei is tot 39 lede. CHASA verteenwoordig nou 16 lidverenigings en meer as twaalf duisend jagters. Al die lidverenigings het outomaties geakkrediteerde status as jagtersvereniging via CHASA se sambreelakkreditasie. |