FIREARMS CONTROL ACT 60 OF 2000 (Word Document)

DIE NUWE WAPENWET - click

TOEGEWYDE JAGTER STATUS - click

LICENSING PROCEDURE - click

MOTIVATION (PDF)

PROPOSED AMENDMENT BILL OF 2006 (PDF)

CHASA INPUT TO THE AMENDMENT BILL - click

DIE NUWE WAPENWET - VIR JAGTERS

Die nuwe wet op die beheer van vuurwapens het op 31 Julie in werking getree. Vir soverre die owerheid se stelsels en strukture dit toelaat, word die nuwe wet nou toegepas. En waar die nodige praktyk ontbreek, geld die ou wet steeds. Die nuwe wet het twee vername aspekte wat jagters raak. Hernuwing en opleiding.

Oor die volgende vier jaar moet alle huidige lisensies hernu word. Wapeneienaars wat vanaf Januarie tot Maart verjaar moet gedurende 2005 hulle lisensies hernu, April tot Junie babas doen dit in 2006, Julie tot September in 2007 en die laastes in 2008.

Lisensieëring moet voorafgegaan word deur vaardigheidsopleiding in wapenhandtering en kennis van die wet. Teoretiese sowel as praktiese opleiding moet deurloop word by ‘n opleidingsinstansie wat by beide Poslec (police and security sector training authority) en SAPD geakkrediteer is. Die praktiese skietwerk moet verder op ‘n SABS (3503) geakkrediteerde skietbaan plaasvind. Daar is vier kategorieë van vaardigheidsopleiding: Handwapen, jaggeweer, haelgeweer en semi-outomatiese gewere. Vir leke kan die opleiding 100 uur duur. Erkenning word egter vir huidige kennis en vermoëns verleen. Die opleidingsbedryf noem dit RPL (recognition of prior learning). Daarvolgens sal ‘n daglange kursus waarskynlik voldoende wees vir die meerderheid jagters. Die kursusse se koste beloop tans sowat R400 vir die eerste kategorie wat deurloop word en dan halfprys vir elke volgende kategorie.

‘n Poslec sertifikaat word nou aan die leerder uitgereik. Hiermee gaan hy SAPD toe. As hy 21 jaar oud is, ‘n SABS kluis het en aan al die karaktervereistes voldoen, ken SAPD aan hom ‘n bevoegdheidsertifikaat toe. Die koste hiervan is tans R70. Die individu is nou vir 5 jaar ‘gelisensieer’ en hierna kan hy aansoek doen om lisensieëring van die wapen. Die koste is R140 vir ‘n nuwe aansoek en R70 per wapen vir hernuwings. Om tyd te spaar kan die laaste twee aansoeke gelyk ingedien word. Hou egter in gedagte dat die risiko van ‘n administratiewe fout hierdeur verhoog word.

Vir die eerste rondte van hernuwings word ‘n toegewing gemaak waarvolgens slegs die teoretiese gedeelte van die Poslec opleiding gedoen hoef te word. Dit kos sowat R200. Poslec reik tans nie ‘n sertifikaat hiervoor uit nie - die opleidingsinstansie se eie sertifikaat word hiervoor aanvaar. Die bedryf verwag weer - soortgelyk aan die rybewys fiasco - ‘n dolle gejaag op die laaste nippertjie. Die vaardigheidsopleiding se sertifikaat is tydloos. Daarom word jagters dus aangemoedig om binne die volgende maand of twee die hele kursus te doen. Ná 2008 is dit in elk geval verpligtend om oor die volle kursus te beskik.

As jy vir ‘n vyfde (of meer) wapen aansoek doen, benodig jy verder ook status as Toegewyde Jagter. Hierdie status word nie deur die SAPD uitgereik nie, maar deur ‘n geakkrediteerde jagtersvereniging. Daar is tans vyftien jagterverenigings met geakkrediteerde status. SA Jagtersvereniging en SA Wingshooters is direk geakkrediteerd. Die dertien CHASA lidverenigings het hierdie status via ‘n sambreel akkreditasie van CHASA. Hulle is: Amatola Hunters, Border Hunting Club, Bosveld Jagters, Eastern Cape Game Management, Hoëveld Jagters, Kaapse Jagters, Kalahari Jagters, Kwa-Zulu Natal Jagters, Laeveld Jagters, Noord-Kaap Jagters, Noordwes Jagters, Suid-Kaap Jagters en Vrystaat Jagtersvereniging. Hierbenewens het drie van hierdie CHASA lidverenigings ook geakkrediteerde status in eie reg bekom. SA Wild en Jag sal in volgende maand se uitgawe breedvoerig verduidelik hoe Toegewyde Jagter status bekom word.