Die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika(CHASA) is ‘n federasie van 23 jagters – en jagverwante en skiet affiliasies regoor Suid-Afrika. Dit is die doelwit van CHASA om die jagter te verteenwoordig ten einde die “Vryheid om te Jag” te verseker.

CHASA wil dit bereik deur volhoubare etiese, jagpraktyke te bevorder deur leierskap en alle aspekte rakende jag en die “Vryheid om te Jag” te verdedig.

Sluit aan by CHASA as u vennoot in jag en jag verwante aktiwiteite.

Jag Geleenthede

 
 
 
north west
northern cape
western cape
gauteng
free state
eastern cape
limpopo
mpumalanga
kwa zulu natal

Wetgewing

Wetgewing en regulasies vir Jag in Suid-Afrika verskil van provinsie to provinsie en staan onder die bestuur en beheer van ‘n Natuurbewarings Owerheid. Alhoewel elke provinsie se jagregulasies van mekaar verskil, het hulle ‘n gesamentlike uitgangspunt oor safari toerisme en jag. Die meeste provinsies maak ‘n duidelike onderskeiding wat bekend staan as plaaslike of vleisjag en nie-plaaslike of toerisme georiënteerde safari jagte. Bykomend tot hierdie jagmetodes is daar die tradisionele wild om jag wetgewing, soortgelyk aan praktyke wat u reeds uitoefen waaraan u gewoond is, wat ‘n person moet oorweeg en wat u jag op verskeie wyses kan beinvloed.

Gedragskode

Jagregulasies se doel is om wildlewe te bewaar terwyl etiese jagmetodes die jagters se geleentheid is om te jag bewaar. Etiek het ten doel om die publiek se algemene mening van jagters in die openbaar te regverdig en daarmee te verseker dat jagters welkom is en dat areas geoormerk vir jag beskikbaar en toeganklik bly vir diegene wat die gedefinieërde morele jag etiek en beginsels toepas wat duidelik die moets en moenies uitspel. Dit is die ongeskrewe reëls wat die gemeenskap verwag wat gevolg en toegepas moet word. Jagetiek is voorts primer ‘n persoonlike en ongeskrewe “kontrak” tussen die jagter en sy/haar prooi met ‘n verdere verantwoordelikheid teenoor die natuur, medejagters en die algemene publiek.

Jag in Suid-Afrika

Vanweë die uitermatige diverse verskeidenheid van diere beskikbaar in Suider-Afrika, moet die trofeë jagter sy spesies afskaal wat hy graag wil jag. Omdat al die spesies nie in ‘n enkele geografiese area voorkom nie, kan die lys van spesies benodig, die spesifieke area dikteer of selfs ‘n spesifieke Afrikaland wees waar die jag sal plaasvind. Hierdie besluit kan ook belangrike gevolge hê soos bv. die beskikbaarheid van kwaliteit jagondernemings, die infrastruktuur sowel as die klimaat en geografiese eienskappe wat baie kan verskil van een land tot ‘n ander. Hierdie verskille alleen, kan ‘n groot invloed uitoefen op die logistieke van jou trofeëjag.

Vlaktewild jag
Groot 5 jag
ander diere